Oor My
Oor My
Ek’s Handré Laubscher — ’n fotograaf wat hou van rou lig, stofpaaie, en daardie stil oomblikke tussen twee sinne.
Ek is mal oor tonele wat nie roep vir aandag nie, maar fluister vir jou om te kyk. My werk is geïnspireer deur die platteland, deur stories wat nie altyd woorde het nie, en deur die skoonheid van dinge soos hulle is.
Laubscher Lenswerke is vir mense wat hulself in skaduwees, sonlig, en egtheid herken. As jy op soek is na iets wat regtig voel — sonder opsmuk of voorgee — dan is jy op die regte plek.